Vandat hierdie “lockdown” plaasgevind het om en by drie weke terug het ek iets baie besonders agtergekom.
Vir die eerste keer in jare gaan ek deur ‘n dag sonder ‘n horlosie aan my arm… Gaan ek deur ‘n week sonder om te besef waste dag dit is of wat die datum is…. Alhoewel ek en my man vir ons self werk en nou van die huis af begin werk het saam die “kids” en dit ‘n nuwe “challenge “ is wat ons elke dag moet “uitfigure”…. Maar dit is ‘n storie vir ‘n ander dag.
Het ek agter gekom dit voel vir my of ons ‘n vakansie gekry het terwyl ons werk…’n Vakansie weg vanaf die rot resies (rat race). Dit kan my nie anders as om my te laat wonder of dit nie eintlik is wat vir mens bedoel was nie…. Meer gesins tyd, meer selfdissipliene, minder rondry en mens self vol maak met “stuff” wat MOET gebeur en meer self investering (jouself en jou gesin).
Hierdie tyd wat ons gedwing word om saam ons gesin te spandeer iets waaroor so baie mense droom maar nooit tyd voor het nie en so snaaks voel dat mens gedwing moet word om dit te doen het tot dusver groei gebring en bande gebou en selfs bande herstel tussen mekaar wat ek op geen ander manier kan sien sou kon gebeur het as dit nie vir hierdie situasie was nie. Begin alle werk en verandering nie maar altyd eintlik by jouself…jou gesin en dan eers kan dit uitvloei na ander mense toe nie?

Om nêrens te MOET wees nie… niemand teen ‘n sekere tyd op te moet laai nie of weer êrens te hê nie is wonderlik dit is ontspanne dit is geniet dit is spontaan.
Om selfs gedwing te word om tyd beter te spandeer en regtig te besef is dit belangriker om nou kreatief te dink en kinders besig te hou of op sosiale media te scroll voel vir my amper soos ‘n bederf en ‘n manier om te kan groei in myself en verseker aan selfdissiplie te werk.
Om te besef daar is eintlik baie meer tyd in ‘n dag as wat ons onself toelaat is AMAZING.
Om te sien hoe mense saam staan en mekaar ondersteun , van resepte uitruil tot klein besighede te ondersteun… Hoe mense inspring en ouers help met aktiwiteite en selfs videos oor hoe om die kinders besig te hou, gestimmuleerd te hou en uit die kwaad te hou is so mooi.
Mense wat hulle kreatiwiteit ontdek en begin uit die boksie dink dit voel vir my of die wêreld stadig maar seker begin ontwikkel in ‘n mooier plek in…’n plek waar mense hulle potensiaal begin raak sien en hulle drome begin uitleef waar nuwe idees en planne gebore word in hulle afgesonderde plek… ‘n plek waar mense hulle lewe begin geniet en ‘n vakansie kry..weg van die “rat race”
Mag elke besigheid, droom oor iets wat jy nog altyd wou doen maar nooit voor tyd gekry het nie of kreatiewe gedagte wat in die tyd opskiet, groei in ‘n volwaardige groot wens wat bewaarheid word en selfvervulling verskaf waarvan jy nie eers geweet het nie.
Laat weet my hoe gaan dit met julle in hierdie nuwe lekker en uitdagende fase waarin ons is?