Uncategorized

My kind sal nooit vloek nie… ek sal nie dat my kind tussen mense kom wat vloek nie… ek sal nooit voor my kind vloek nie… was wat ek altyd gesê het todat ek my vinger in die deur vasgeslaan het, die vars brood en melk laat val het en die honde gedink het dit is kersfees ….. oë ja, ek het seker ook geredeneer my kind gaan nooit uit die huis uit kom vir die volgende 20jaar as ek so gedink het nie… wat het ek gedink… het ek ooit gedink????

So het ons almal die ideale prentjie van iets maar ons vergeet ons is ook net mense en maak soms “foutjies”, maar hoe “recover” ons is vir my die belangriker stelling.

Dit het nie te lank terug gebeur waar ek ‘n vloek woord geuiter het -saggies met die idée dat niemand dit hoor nie- en my seuntjie met ‘n baieeeeeee hoë volume en selfvertroue, hard genoeg vir almal om te hoor vir my sê  “MAMMMMA jy mag nie #@#$%% sê nie, jy gaan peper kry….”

Hoe het ons op die punt gekom waar my  3 en ‘n half jarige die volwasse ene is??

Toe ons seuntjie dagsorg toe gegaan het op 4md het ons besef ons gaan hom nie weg van die werêld kan hou nie ons gaan hom nie altyd kan beskerm nie maaaaar een ding kan ons doen ons kan hom leer van reg en verkeerd en ons kan hom eerder oprig om ‘n verskil te maak en goeie waardes te hê eerder as om bang te wees vir die “lelike wereld”.

  • Ons het besef ons gaan binne in hom eerder die wil en die wete moet plaas dat hy KIES om nee te sê vir goed en KIES om die regte dinge te doen omdat hy WIL  en weet hoekom eerder as om hom net te forseer en dikteer. Want as hy sien niemand kyk of  “check op” op hom nie doen hy dit dalk dan buitendien “skelm”.
  • Ons het oop en eerlik met hom gepraat oor reg en verkeerd.. en my oh my….. het hy nie al ‘n hele paar keer veroorsaak dat ons bloos oordat hy vir ‘n volwasse mense sê die of daai is nie reg nie… en wat moet ek dan sê… uhm… sorry oom… uit die mond van die suigeling???…….kriek kriek…
  • Ons is eerlik oor ons foute en het dit begin gebruik as ‘n leerskool en ge “man up” as ons verkeerd is en die brand sous of peper soos ‘n man gevat want ons kan nie van ‘n 3 en ‘n half jarige verwag om op die “perfekte” manier op te tree maar ons as ouers stel nie daai voorbeeld nie. Ons is verantwoorlike mense en ons moet saam werk om ‘n verandwoordlike span te wees.

So…. Ons kan net ons kinders leer van reg en verkeerd volgens ons definisie deur die voorbeeld te stel en daarmee sê ek nie jy mag nooit iets verkeerd doen of dit gebruik as n verskoning nie daardeur sê ek net dat ons ons eie foute moet “own” en eerlik met mekaar wees en hard daaraan werk om dit te wen en saam die standaard te lig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Post comment