Ek het ‘n rukkie terug besluit om nie terug te gaan werk toe na my kraam verlof nie en eerder te begin werk aan ‘n droom en passie, om my man te begin help met sy besigheid en meer beskikbaar te wees vir ons kinders. Dit was glad nie die makliker of slim keuse finansieël nie maar ons het besluit dit is tyd en ons sal dit maar net moet laat werk. Ekt in hierdie droom gelewe van ek gaan bietjie minder werk en so baie tyd hê saam ons kinders, my en my man se verhouding gaan sommer 100x verbeter (min wetend die skawing gaan ook vermeerder, hehehe), ek gaan laat slaap en in koffie winkels rond hang, al die stress gaan weg wees, ons gaan net lekker speel…. ha ha ha.
Wel… “ WAKE UP CALL”!!!!
Ekt altyd gesit met hierdie teenstryding binne myself toe ek ‘n vaste werk gehad het, as die kinders siek was, om by die werk te sit terwyl my kinders siek is. Ek het gevoel ek is in twee geskeur… wel nou kan ek vir julle sê as die kinders siek is sit ek steeds met daai in 2 geskeur gevoel net in ‘n ander manier….ek voel as ek nie fisies besig is en werk nie is ek nie besig om ‘n inkomste te genereer vir ons huis gesin nie…skielik is daar nie meer verlof en vakansie dae nie…skielik alles wat eens op ‘n tyd vir my so “useless” gevoel het was toe nie so “useless” nie al was dit net 5 verlof dae vir siek kinders ‘n jaar wie se kinders word buitendien net 5 dae n jaar siek?? “Come on.”
Die werk stress het skielik verdwyn maar die finansiële voorsiening en bydrae se stress het weer ingekruip.
Maar kan ek vir julle een ding sê… ek sal dit oor en oor en oor weer kies.
Ek werk 100x harder as wat ek gewerk het ek besef nou eers hoeveel keer lê mens leeg by ‘n instituut waar ek gedink het eks besig.
Ek het soveel genot in die oorwinnings en plesier uit die uitdagings .
Ek sien so baie mammas vra orals oor sosiale media van ekstra inkomstes of ongelukkigheid in hul werk plek en ek het op ‘n punt gekom waar ek besef het enige iets is moontlik jy moet dit net doen jy moet net begin en dit doen.

Jy is meer werd as enige omstandighede wat jou aftrek, daars ‘n groter doel vir jou en daar is soveel vervulling as jy net in dit begin optree.
Of jy nou vir iemand werk of vir jou self maak seker dit is jou passie want daar is net 1 wat jou “purpose” kan vervul in die lewe daar is niemand soos jy nie.
Iemand slim het eendag gesê “ ‘n entrepreneur se hoogtepunte is baie hoog maar sy laagte punte is baie laag” (*my man) en dit is so waar.
Ekt bietjie met ‘n “momtrepreneur” gaan gesels wat baie meer ervaring al het as ek oor die uitdagings en genot wat sy kry uit haar besigheid.
Hou dop die Video is vrydag beskikbaar.
